Ek het via Audiobooks.org gaan soek vir boeke van Bill Bryson (A short history of nearly everything) en gekry (http://www.learnoutloud.com/Sale-Section/Science/-/A-Short-History-of-Nearly-Everything/457#) Maar die hele boek is nie gratis nie. Ek kon darem na 'n sample luister oor protonne. Om na die hele boek te luister (sou 'n mens dit dan koop) sal 5h39 minute vat. Wat my by een groot probleem bring: veral by so 'n lang boek kan 'n mens dalk later track verloor met alles. Spesifiek hierdie boek het 'n magdom inligting oor letterlik alles wat betref fisika, chemie, paleontologie, sterrekunde, ens ens. In 'n boek wat 'n mens lees, kan 'n mens gou weer teruggaan na die stuk wat jy 'n paar dae terug gelees het / nie mooi verstaan nie. Weet nie of 'n mens 'n audiobook so heen-en weer MET GEMAK sou kon luister nie. My logika se "nee", want met 'n gedrukte (en elektroniese!) boek, het 'n mens darem TOC's en indekse vir vinnig naslaan.
Ek het via AudioBooksForFree na 'n kinderstorie probeer luister (het die korste een gekies), maar iets met die streaming was nie lekker nie. Dit was baie rukkerig, soveel so dat ek letterlik NIKS kon uit maak nie.
Bottomline: ek dink audiobooks is wonderlik vir mense wat moeilik lees/swaksiendes/blindes, maar dan moet die tegnologie van die betrokke persoon van só aard wees dat dit nie meer van 'n frustrasie as iets anders gaan wees om dit te luister nie.
Bill Bryson se sample kon ek bv baie maklik luister, sonder rukke en stote, maar die een vanaf AudioBooksForFree...!!!&^^%
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment