Wednesday, June 3, 2009

LL#23: Is this really the end...?

Sjoe, baie dinge geleer, en baie alweer vergeet.

Die "ding" wat ek geleer het, en omtrent elke dag gebruik, is Bloglines. (OK: behalwe nou my eie blog, maar dit gebruik ek net vir Library Learning se tasks).

Bloglines is regtig wonderlik. Hou al 'n mens se RSS feeds/Blog opdaterings bymekaar, en wanneer 'n mens dan tyd het, kan jy gaan kyk wat by elkeen aangaan, sonder om te moet onthou waar al die blogs/rss feeds lê.


Soveel só dat ek op 5 Junie "my" fakulteit ook Bloglines gaan wys omdat ons password-gebaseerde internet nie lekker met RSS feeds werk nie (spesifiek vir feeds vanaf SA ePublications).

Wat ek "teen" Libary Learning het is dat 'n mens op soveel verskillende sites moet registreer, met 'n password, en elkeen sy eie vorm van password. Dit raak bietjie baie naderhand - al het ek 'n boek bygehou met al die passwords.


Wat natuurlik ook sleg is, is die feit dat die UV (met goeie redes) baie van die sites blok gedurende kantoorure. Baie van dit sou bv dus nie suksesvol vir bemarking in/van die Biblioteek kon gebruik word nie.

'n Hele paar van dit wat geleer is, het ek van geweet/al gebruik, maar nie besef dit is 'n wiki of 'n podcast nie.

Overall het my oë oopgegaan van wat alles via die internet beskikbaar is. Veral as IB gebruik ek die internet om "werklike" inligting te soek, bv UN verslae, ens. Die internet is soveel meer as net gedrukte inligting. Dit het daar begin, maar het soveel uitgebrei, en ek glo hierdie LL kursus het nie 'n miljoenste van wat alles via internet verkry en gedoen kan word nie.

Hoe die kursus anders aangebied kan word: ek weet eerlikwaar nie, maar miskien in groepverband (as mense gaan opdaag...) sodat 'n groep saam sit en werk en die pro's en con's van elke "thing" bespreek. Veral van die begintake was taamlik moeilik, en ek vermoed dis hoekom heelwat dit nie voltooi het nie.

Baie mense se verskoning is: ek het nie tyd nie. Snert: maak tyd... Dit vat NOOIT meer as 'n halfuur, indien so lank, per task nie.

Of ek weer so 'n kursus sal doen: ja, ek het regtig baie geleer, al is dit dan net om te sien hoe maklik dit is om te blog ;-)

Over-and-out
Hesma

LL#22 Audiobooks

Ek het via Audiobooks.org gaan soek vir boeke van Bill Bryson (A short history of nearly everything) en gekry (http://www.learnoutloud.com/Sale-Section/Science/-/A-Short-History-of-Nearly-Everything/457#) Maar die hele boek is nie gratis nie. Ek kon darem na 'n sample luister oor protonne. Om na die hele boek te luister (sou 'n mens dit dan koop) sal 5h39 minute vat. Wat my by een groot probleem bring: veral by so 'n lang boek kan 'n mens dalk later track verloor met alles. Spesifiek hierdie boek het 'n magdom inligting oor letterlik alles wat betref fisika, chemie, paleontologie, sterrekunde, ens ens. In 'n boek wat 'n mens lees, kan 'n mens gou weer teruggaan na die stuk wat jy 'n paar dae terug gelees het / nie mooi verstaan nie. Weet nie of 'n mens 'n audiobook so heen-en weer MET GEMAK sou kon luister nie. My logika se "nee", want met 'n gedrukte (en elektroniese!) boek, het 'n mens darem TOC's en indekse vir vinnig naslaan.

Ek het via AudioBooksForFree na 'n kinderstorie probeer luister (het die korste een gekies), maar iets met die streaming was nie lekker nie. Dit was baie rukkerig, soveel so dat ek letterlik NIKS kon uit maak nie.

Bottomline: ek dink audiobooks is wonderlik vir mense wat moeilik lees/swaksiendes/blindes, maar dan moet die tegnologie van die betrokke persoon van só aard wees dat dit nie meer van 'n frustrasie as iets anders gaan wees om dit te luister nie.

Bill Bryson se sample kon ek bv baie maklik luister, sonder rukke en stote, maar die een vanaf AudioBooksForFree...!!!&^^%

LL#21 Podcasts

Ná vanoggend se vergadering was ek baie bly om te hoor dat die Darwin-lesings almal op Podcasts beskikbaar is. Het dit gaan soek, en gekry, en dis wonderlik. Behalwe dat dit nie 'n RSS feed het nie. Sê Bloglines.
Die voordeel van podcasts kan maw ook wees dat bv vergaderings opgeneem word, en personeel wat dit nie kon bywoon nie (bv Qwaqwa) dit via die web kan sien. (Sal dan dalk help dat vergaderings meer effektief en korter is ;-) )
Die Beginner's guide to Podcasts and creating podcasts is genuine baie oulik - het dit afgelaai, vir wanneer die Bib eendag begin. Nie dat ek self wil praat nie - will ran definitely out of English. Maar hierdie is 'n goeie how-to-do.

As ek na die Darwin-lesings kyk, sou 'n mens podcasts kon gebruik vir databasis (enige ander)-opleiding. Wys net elke keer die powerpoint slides ook.