Sjoe, ek het sommer op die hoofblad afgescroll, gekyk wat's daar, en op Mango besluit. Nou nie ons liewe-bedien-net-Bfn-Kaapstad-Mango nie.
Dis Mango languages (http://www.mangolanguages.com/main)
Hulle leer (teen koste) 'n mens 'n ander taal deurdat 'n mens met iemand wat die taal self praat, kan praat.
Tale beskikbaar om te leer is: Brazilian Portuguese, Spanish, Japanese, German, Greek, Mandarin Chinese, French, Italian, English for Spanish Speakers, Russian, English for Polish speakers, English for Brazilian Portuguese speakers.
Siende dat ek darem Duits ken, het ek gaan kyk hoe lyk die Duitse taalprogram. Behalwe dat dit hopeloos te lank vat om te laai, en ek dit toe maar los.
Tussendeur het ek nog verder deur die lys gekyk, en het darem een of twee van dit wat ek in LL van geleer het ook raakgesien, soos PB Works, Zoho Writer, Flickr en del.icio.us.
As 'n mens tyd het, sal dit baie interessant wees om na hierdie goed te gaan kyk.
Net jammer dis so baie!
Wat het ons gedoen voor die internet. Ek dink regtig ons lewens het in sekere opsigte baie vergemaklik.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment