Monday, May 25, 2009

LL#16: Wiki's

Ek gaan "wiki" oor Wiki's skryf ;-)
Nou dat ek van die ander wiki's, behalwe Wikipedia gesien het, besef ek hoe baie ek eintlik al op Wiki's gewerk/gesoek/inligting gekry het. Dis maw 'n samevoeging van verskillende mense se inligting, uit verskillende oorde.
Ons praat nou al lankal in die ICT-vergadering dat elke IB 'n blog moet begin, en besef ook dat dit baie tydrowend is, veral as 'n mens dit gereeld moet doen.
Die oplossing sou dus wees om 'n wiki vir die bib te skep, wat almal aan werk - bestuur, IB's, toonbank, katalogisering, almal. Dus: enige iets wat nuuswaardig is van enige deel van die bib af, kan op die wiki geplaas word. Daar sal seker 'n editor van 'n aard moet wees sodat die inhoud darem net 'n bietjie ge-edit word (netnou is iemand kwaad vir 'n gebruiker, en dan vertel hy/sy sommer op die wiki vir almal om te lees daarvan...)

Ek hou van die Prince William Library se "Wowbrary" - ons kan dit dalk 'n meer Suid-Afrikaanse woord, soos UVbrary (maar dit klink soos onderklere wat UV-beskerming bied...), of yebo-brary, of ???

No comments: