Wednesday, May 27, 2009

LL#20 You Tube

Dis vir my een van die hartseerste dinge by hierdie liewe werk, dat 'n mens nie kan YouTube nie (wel, nie in werkstyd nie).
Ek brand bv om Sarah Boyle se video te sien, maar nou ja...
Een wat ek darem al wel kon sien, en dis een van my favourite-favourite videoclips is dié een van Christian the lion.
Gaan probeer om dit te attach, siende dat ek dit darem op my hardeskyf het. Geniet! Ek kry elke keer trane in my oë.

LL#19 Discovering Web 2.0 Tools

Sjoe, ek het sommer op die hoofblad afgescroll, gekyk wat's daar, en op Mango besluit. Nou nie ons liewe-bedien-net-Bfn-Kaapstad-Mango nie.
Dis Mango languages (http://www.mangolanguages.com/main)
Hulle leer (teen koste) 'n mens 'n ander taal deurdat 'n mens met iemand wat die taal self praat, kan praat.
Tale beskikbaar om te leer is: Brazilian Portuguese, Spanish, Japanese, German, Greek, Mandarin Chinese, French, Italian, English for Spanish Speakers, Russian, English for Polish speakers, English for Brazilian Portuguese speakers.

Siende dat ek darem Duits ken, het ek gaan kyk hoe lyk die Duitse taalprogram. Behalwe dat dit hopeloos te lank vat om te laai, en ek dit toe maar los.

Tussendeur het ek nog verder deur die lys gekyk, en het darem een of twee van dit wat ek in LL van geleer het ook raakgesien, soos PB Works, Zoho Writer, Flickr en del.icio.us.
As 'n mens tyd het, sal dit baie interessant wees om na hierdie goed te gaan kyk.

Net jammer dis so baie!

Wat het ons gedoen voor die internet. Ek dink regtig ons lewens het in sekere opsigte baie vergemaklik.

LL np 18

Hierdie is 'n toetsdokument vir die LIbrary Learning kursus, nr. 18.  Sien Zoho maak nie outomaties die foutiewe hoofletter I reg nie.  Dit kan seker êrens gestel word.  Sien nie waar nie.

 

Dis is dus soos Word, maar net met BAIE minder funksies en gadgets, waarvan ek in elk geval dink die meeste mense NIE Word s'n gebruik nie.

LL#18 Web-based applications

OK: wag nou al 10+ minute vir my confirmation of registration email van Zoho Writer om te kom. Dus nie baie impress nie...

Dit lyk vir my maar pretty much soos gewone Office Word.

Die dokument is as 'n aparte blog gesave, nl LL np 18 (tikfout en al).

Soos wat Helene Blowers self sê: dit sou die ideaal wees vir iemand wat goed gereeld heen en weer sou moes save tussen rekenaars, ipv om dit op 'n flash te sit, te hoop jy onthou om dit op die flash te sit, te hoop jy onthou die flash, ens.
En dis maklik convertable na ander formate.

Tuesday, May 26, 2009

LL#17 Playing around with PB Works

Dit lyk lekker en oulik!
Net jammer daar's nie nog lysies op nie. Sal lekker interessante ken-mekaar wees ;-)

Het net per ongeluk Cornelle se favourite blog uitgevee :-((

Monday, May 25, 2009

LL#16: Wiki's

Ek gaan "wiki" oor Wiki's skryf ;-)
Nou dat ek van die ander wiki's, behalwe Wikipedia gesien het, besef ek hoe baie ek eintlik al op Wiki's gewerk/gesoek/inligting gekry het. Dis maw 'n samevoeging van verskillende mense se inligting, uit verskillende oorde.
Ons praat nou al lankal in die ICT-vergadering dat elke IB 'n blog moet begin, en besef ook dat dit baie tydrowend is, veral as 'n mens dit gereeld moet doen.
Die oplossing sou dus wees om 'n wiki vir die bib te skep, wat almal aan werk - bestuur, IB's, toonbank, katalogisering, almal. Dus: enige iets wat nuuswaardig is van enige deel van die bib af, kan op die wiki geplaas word. Daar sal seker 'n editor van 'n aard moet wees sodat die inhoud darem net 'n bietjie ge-edit word (netnou is iemand kwaad vir 'n gebruiker, en dan vertel hy/sy sommer op die wiki vir almal om te lees daarvan...)

Ek hou van die Prince William Library se "Wowbrary" - ons kan dit dalk 'n meer Suid-Afrikaanse woord, soos UVbrary (maar dit klink soos onderklere wat UV-beskerming bied...), of yebo-brary, of ???