Wednesday, June 3, 2009

LL#23: Is this really the end...?

Sjoe, baie dinge geleer, en baie alweer vergeet.

Die "ding" wat ek geleer het, en omtrent elke dag gebruik, is Bloglines. (OK: behalwe nou my eie blog, maar dit gebruik ek net vir Library Learning se tasks).

Bloglines is regtig wonderlik. Hou al 'n mens se RSS feeds/Blog opdaterings bymekaar, en wanneer 'n mens dan tyd het, kan jy gaan kyk wat by elkeen aangaan, sonder om te moet onthou waar al die blogs/rss feeds lê.


Soveel só dat ek op 5 Junie "my" fakulteit ook Bloglines gaan wys omdat ons password-gebaseerde internet nie lekker met RSS feeds werk nie (spesifiek vir feeds vanaf SA ePublications).

Wat ek "teen" Libary Learning het is dat 'n mens op soveel verskillende sites moet registreer, met 'n password, en elkeen sy eie vorm van password. Dit raak bietjie baie naderhand - al het ek 'n boek bygehou met al die passwords.


Wat natuurlik ook sleg is, is die feit dat die UV (met goeie redes) baie van die sites blok gedurende kantoorure. Baie van dit sou bv dus nie suksesvol vir bemarking in/van die Biblioteek kon gebruik word nie.

'n Hele paar van dit wat geleer is, het ek van geweet/al gebruik, maar nie besef dit is 'n wiki of 'n podcast nie.

Overall het my oë oopgegaan van wat alles via die internet beskikbaar is. Veral as IB gebruik ek die internet om "werklike" inligting te soek, bv UN verslae, ens. Die internet is soveel meer as net gedrukte inligting. Dit het daar begin, maar het soveel uitgebrei, en ek glo hierdie LL kursus het nie 'n miljoenste van wat alles via internet verkry en gedoen kan word nie.

Hoe die kursus anders aangebied kan word: ek weet eerlikwaar nie, maar miskien in groepverband (as mense gaan opdaag...) sodat 'n groep saam sit en werk en die pro's en con's van elke "thing" bespreek. Veral van die begintake was taamlik moeilik, en ek vermoed dis hoekom heelwat dit nie voltooi het nie.

Baie mense se verskoning is: ek het nie tyd nie. Snert: maak tyd... Dit vat NOOIT meer as 'n halfuur, indien so lank, per task nie.

Of ek weer so 'n kursus sal doen: ja, ek het regtig baie geleer, al is dit dan net om te sien hoe maklik dit is om te blog ;-)

Over-and-out
Hesma

LL#22 Audiobooks

Ek het via Audiobooks.org gaan soek vir boeke van Bill Bryson (A short history of nearly everything) en gekry (http://www.learnoutloud.com/Sale-Section/Science/-/A-Short-History-of-Nearly-Everything/457#) Maar die hele boek is nie gratis nie. Ek kon darem na 'n sample luister oor protonne. Om na die hele boek te luister (sou 'n mens dit dan koop) sal 5h39 minute vat. Wat my by een groot probleem bring: veral by so 'n lang boek kan 'n mens dalk later track verloor met alles. Spesifiek hierdie boek het 'n magdom inligting oor letterlik alles wat betref fisika, chemie, paleontologie, sterrekunde, ens ens. In 'n boek wat 'n mens lees, kan 'n mens gou weer teruggaan na die stuk wat jy 'n paar dae terug gelees het / nie mooi verstaan nie. Weet nie of 'n mens 'n audiobook so heen-en weer MET GEMAK sou kon luister nie. My logika se "nee", want met 'n gedrukte (en elektroniese!) boek, het 'n mens darem TOC's en indekse vir vinnig naslaan.

Ek het via AudioBooksForFree na 'n kinderstorie probeer luister (het die korste een gekies), maar iets met die streaming was nie lekker nie. Dit was baie rukkerig, soveel so dat ek letterlik NIKS kon uit maak nie.

Bottomline: ek dink audiobooks is wonderlik vir mense wat moeilik lees/swaksiendes/blindes, maar dan moet die tegnologie van die betrokke persoon van só aard wees dat dit nie meer van 'n frustrasie as iets anders gaan wees om dit te luister nie.

Bill Bryson se sample kon ek bv baie maklik luister, sonder rukke en stote, maar die een vanaf AudioBooksForFree...!!!&^^%

LL#21 Podcasts

Ná vanoggend se vergadering was ek baie bly om te hoor dat die Darwin-lesings almal op Podcasts beskikbaar is. Het dit gaan soek, en gekry, en dis wonderlik. Behalwe dat dit nie 'n RSS feed het nie. Sê Bloglines.
Die voordeel van podcasts kan maw ook wees dat bv vergaderings opgeneem word, en personeel wat dit nie kon bywoon nie (bv Qwaqwa) dit via die web kan sien. (Sal dan dalk help dat vergaderings meer effektief en korter is ;-) )
Die Beginner's guide to Podcasts and creating podcasts is genuine baie oulik - het dit afgelaai, vir wanneer die Bib eendag begin. Nie dat ek self wil praat nie - will ran definitely out of English. Maar hierdie is 'n goeie how-to-do.

As ek na die Darwin-lesings kyk, sou 'n mens podcasts kon gebruik vir databasis (enige ander)-opleiding. Wys net elke keer die powerpoint slides ook.

Wednesday, May 27, 2009

LL#20 You Tube

Dis vir my een van die hartseerste dinge by hierdie liewe werk, dat 'n mens nie kan YouTube nie (wel, nie in werkstyd nie).
Ek brand bv om Sarah Boyle se video te sien, maar nou ja...
Een wat ek darem al wel kon sien, en dis een van my favourite-favourite videoclips is dié een van Christian the lion.
Gaan probeer om dit te attach, siende dat ek dit darem op my hardeskyf het. Geniet! Ek kry elke keer trane in my oë.

LL#19 Discovering Web 2.0 Tools

Sjoe, ek het sommer op die hoofblad afgescroll, gekyk wat's daar, en op Mango besluit. Nou nie ons liewe-bedien-net-Bfn-Kaapstad-Mango nie.
Dis Mango languages (http://www.mangolanguages.com/main)
Hulle leer (teen koste) 'n mens 'n ander taal deurdat 'n mens met iemand wat die taal self praat, kan praat.
Tale beskikbaar om te leer is: Brazilian Portuguese, Spanish, Japanese, German, Greek, Mandarin Chinese, French, Italian, English for Spanish Speakers, Russian, English for Polish speakers, English for Brazilian Portuguese speakers.

Siende dat ek darem Duits ken, het ek gaan kyk hoe lyk die Duitse taalprogram. Behalwe dat dit hopeloos te lank vat om te laai, en ek dit toe maar los.

Tussendeur het ek nog verder deur die lys gekyk, en het darem een of twee van dit wat ek in LL van geleer het ook raakgesien, soos PB Works, Zoho Writer, Flickr en del.icio.us.
As 'n mens tyd het, sal dit baie interessant wees om na hierdie goed te gaan kyk.

Net jammer dis so baie!

Wat het ons gedoen voor die internet. Ek dink regtig ons lewens het in sekere opsigte baie vergemaklik.

LL np 18

Hierdie is 'n toetsdokument vir die LIbrary Learning kursus, nr. 18.  Sien Zoho maak nie outomaties die foutiewe hoofletter I reg nie.  Dit kan seker êrens gestel word.  Sien nie waar nie.

 

Dis is dus soos Word, maar net met BAIE minder funksies en gadgets, waarvan ek in elk geval dink die meeste mense NIE Word s'n gebruik nie.

LL#18 Web-based applications

OK: wag nou al 10+ minute vir my confirmation of registration email van Zoho Writer om te kom. Dus nie baie impress nie...

Dit lyk vir my maar pretty much soos gewone Office Word.

Die dokument is as 'n aparte blog gesave, nl LL np 18 (tikfout en al).

Soos wat Helene Blowers self sê: dit sou die ideaal wees vir iemand wat goed gereeld heen en weer sou moes save tussen rekenaars, ipv om dit op 'n flash te sit, te hoop jy onthou om dit op die flash te sit, te hoop jy onthou die flash, ens.
En dis maklik convertable na ander formate.

Tuesday, May 26, 2009

LL#17 Playing around with PB Works

Dit lyk lekker en oulik!
Net jammer daar's nie nog lysies op nie. Sal lekker interessante ken-mekaar wees ;-)

Het net per ongeluk Cornelle se favourite blog uitgevee :-((

Monday, May 25, 2009

LL#16: Wiki's

Ek gaan "wiki" oor Wiki's skryf ;-)
Nou dat ek van die ander wiki's, behalwe Wikipedia gesien het, besef ek hoe baie ek eintlik al op Wiki's gewerk/gesoek/inligting gekry het. Dis maw 'n samevoeging van verskillende mense se inligting, uit verskillende oorde.
Ons praat nou al lankal in die ICT-vergadering dat elke IB 'n blog moet begin, en besef ook dat dit baie tydrowend is, veral as 'n mens dit gereeld moet doen.
Die oplossing sou dus wees om 'n wiki vir die bib te skep, wat almal aan werk - bestuur, IB's, toonbank, katalogisering, almal. Dus: enige iets wat nuuswaardig is van enige deel van die bib af, kan op die wiki geplaas word. Daar sal seker 'n editor van 'n aard moet wees sodat die inhoud darem net 'n bietjie ge-edit word (netnou is iemand kwaad vir 'n gebruiker, en dan vertel hy/sy sommer op die wiki vir almal om te lees daarvan...)

Ek hou van die Prince William Library se "Wowbrary" - ons kan dit dalk 'n meer Suid-Afrikaanse woord, soos UVbrary (maar dit klink soos onderklere wat UV-beskerming bied...), of yebo-brary, of ???

Monday, January 12, 2009

LL #15

'n Paar kort aanhalings uit die artikels:

It can be equally disastrous when a profession fails to acknowledge and adapt to radical, fundamental change in the marketplace it serves. At this point in time, our profession is far closer to the latter type of disaster than it is to the former. We need to shift direction, and we can’t wait for the big ship of our profession to change course first. It’s going to have to happen one library—one little boat—at a time.
Rich Anderson. “Away form the icebergs”. http://www.oclc.org/nextspace/002/2.htm

Librarian 2.0 controls technolust. This librarian does not buy technology for the sake of technology. “Techno-worship” does not exist here. Without a firm foundation in the mission and goals of the institution, new technologies are not implemented for the sake of coolness and status. Technology is put to the test: Does it meet the users need in a new or improved way? Does it create a useful service for putting users together with the information and experience they seek? These are some of the questions this librarian asks when planning for technology. This librarian creates and nurtures a living, breathing technology plan.
Michael Stepehens. Into a new world of librarianship. http://www.oclc.org/nextspace/002/3.htm

Chil Nilges se: To more powerful ways to cooperate (http://www.oclc.org/nextspace/002/4.htm ) is meer ‘n “kyk-hoe-goed-is-ons-by-OCLC”, as iets anders. Wat ek darem van OCLC hou is die feit dat WorldCat nou vir enige persoon met internettoegang beskikbaar is. Dit help baie indien ‘n mens ‘n boek se besonderhede moet opsoek, en of daar enigsins ‘n spesifieke vertaling van bv Calvyn se werke is (kort-kort ‘n navraag van Prof Boelie).

John Riemer se: To better bibliographic services (http://www.oclc.org/nextspace/002/5.htm ) handel oor metadata wat ingevoeg kan word om die opsporing en duplisering van bronne, veral in konsortiums te vergemaklik

Interessant is dat Wendy Schultz (To a temporary place in time...) (http://www.oclc.org/nextspace/002/6.htm ) al praat van Libray 4.0! En dat dit Library 1.0, Library 2.0 en Library 3.0 gaan akkommodeer. Dus die beste van elkeen neem.

Ter opsomming dus: biblioteek moet aanpas by nuwe tegnologie, maar moet sorg dat dit by die gebruikers pas. Dit help nie ‘n mens het allerhande foefies wat gebruikers nie wil hê / gaan gebruik nie. Library 2.0 is bring die Biblioteek na waar die gebruikers is - 24/7.
Dis aan die een kant vir my jammer dat die UV social websites soos Facebook en Second Life blok - bloot omdat soveel ander universiteitsbiblioteke met groot sukses op Facebook en Second Life is. Maar ja, dink hoe stadig gaan die netwerk dan wees... (as social websites deur die dag ook beskikbaar is).