Wednesday, July 2, 2008

LL #9 & 10

Wel, uiteindelik kom ek by LL #9 uit. En dis eintlik 'n frustrasie. Topix het onmiddelik opgetel dat ek van Bloem is, en die nuutste (?) nuus uit Bloem gegee. Ek het belang by die storie oor die 7 mense wat Donderdag (26/6) gearresteer is by die medisyne depot (het voor die een vrou grootgeword) en wou toe die ander berigte daaroor lees. Van die links werk nie eers nie! So, ek is nie baie impress met Topix nie. Te deurmekaar site. Moet ook sê tans is ek nie baie lus om nuus en skindernuus te lees nie.
Syndic8 is vir my maar baie soos Bloglines (waaroor ek mal is!), maar kom toe daar op 'n nice blog af ('n ma wat skryf), en hierdie inskrywing is baie snaaks:

Wil toe subscribe via Bloglines, maar hy kry nie dat dit 'n RSS feed het nie. Sien toe op die blog self daar is 'n "subscribe via Bloglines", maar dit werk ook nie. Dog ek. Refresh Bloglines en voila, daar is dit (met 200 unread's!)
Wil verder op Syndic8 speel, maar die internet is nou HIPER stadig...
Wat my irriteer van al hierdie sites nou, is dat dit net US politiek is (Obama & Obama & Obama). Stel werklik nie daarin belang nie.
Technorati werk lekker in die sin dat hy die blogs (maklik sienbaar) in onderwerpe verdeel. Hoef nie die hele page deur te soek vir dit nie. En daar's hordes oor bv parenting.


#10:
Dis nou lekker speel dié! Die Kersvader een is met FD Toys magazine cover gemaak.



Dummiez Book Cover maker wil nie lekker werk nie - een of ander popup blocker wat ek nie af kry nie. O well. Google maar ander:
Cooltext (http://cooltext.com/) - 'n mens kan 'n logo design met hulle hulp: hiermee ons s'n:

Image Tool (
http://imagetool.programar.net/default.aspx) s'n lyk so (ek sou net graag die "symbol" - in hierdie geval die narprentjie wou kon rondskuif (en nie net 'n links/regsopsie hê nie) Kry via die Google search 'n blog wat ander image generators bespreek! http://www.dailyseoblog.com/2007/10/free-online-image-and-text-generators-for-blogging-purposes/

Nou ja, moet seker regte werk ook doen nou.

Tot nr. 11, baai!

3 comments:

Cornelle said...

Die ma se post is baie snaaks. Vandat ek met L2 begin het, het ek ook al die wonderlikste blogs ontdek van doodgewone mense wat doodgewone dinge doen, maar wat dit met ander deel - en dit is pittig en lekker om te lees. Van alles sover wat ek al geleer het, dink ek om blogs te kry oor onderwerpe waarin ek belangstel is beslis die beste.

Huibre said...

Dit geniet. Baie dankie. Sou graag meer tyd wou he om op die blogs te spandeer maar het net nie. Kan nou sien hoekom dar mense is wat vesaal raak.

Huibre said...

Hierie dekselse keyboard wat my so verkeerd laat tik. Mens het omtrent krag nodig vir die letters om te registreer. Kan nie wag vir my upgrade nie