Wednesday, May 14, 2008

Library Learning #'s 5-7

Wel, na maande se "afwesigheid" probeer ek nou task #5, en die moeilikste was om my yahoo-account te probeer onthou. Het toe maar 'n nuwe een geskep...
Nou vir Flickr. Gaan sommer 'n foto van my wat Refentse geneem het (hy't 'n nuwe selfoon destyds gekry) probeer oplaai: Toe eintlik baie maklik.
Het sommer die UFSLIS group gejoin (goeie Afrikaans, of hoe?), en toe sien ek al die ander foto's wat Cornelle opgelaai het ook.

Nou vir #6:
ek het op MontageR gaan soek vir ufslis, maar niks gekry. Toe maar na 'n liefde van my: mirage (die vliegtuig!), en kry toe 'n hele montage van 'n dolfyn! Darem met een of 2 vliegtuigies by, en allerhande ander "snert" ook. Selfs 'n foto van 'n leeumannetjie...
"Top Gun" gee toe niks van die fliek nie, maar wel van die Top Gun Akademie (waar Amerika se vegvlieƫniers opgelei word). Mal oor die fliek, en nie net oor Tom Cruise nie - hy is in hierdie geval 'n bysaak. Die vliegtuie, die vliegtuie...

Ek wou my eie trading card maak, maar die liewe website wil nie laai nie. Het al task #7 gaan lees, en gedoen, en ek wag nog steeds. Gaan dit dus maar los.

Task #7:
Prof Danie Strauss was in hierdie week by my, en wys my toe sommer sy grand selfoon (blueberry - dit weet ek ook darem teen hierdie tyd), hoe hy enige tyd enige plek op Word kan werk, en die goeie kwaliteit foto's. Vertel my toe dat hy Augustus kan opgradeer, en die selfoon wat hy dan kry het selfs 'n GPS in. Maw 'n mens is nie meer afhanklik van jou kar waarin jou GPS in is nie. Jy het dan 'n GPS enige tyd, enige plek. Toe ek vir Jaco vertel, toe rammel hy die Nokia nommer af, maar natuurlik kan ek dit nie onthou nie.
Waar's die selfone wat net kon bel en SMS'e stuur??

En nou is my Library learning vir 'n slag op datum... (danksy LC wat nie wil werk nie en ek dus nie kon indekseer nie!)

No comments: