Thursday, October 30, 2008

LL #14 - Technorati

Wow, ek sommer "Hesma" ingesit op Technorati, en net een blog gekry, in 'n snaakse, totaal onverstaanbare taal (lyk soos Indies of iets as ek na die foto's kyk). Kan net die 5 letters h-e-s-m-a herken ;-(
Library 2.0 het 5332 resultate as posts en 585 blogs daaroor. Blogs is dus wat dit as onderwerp het, en posts is hoeveel keer mense al oor 'n onderwerp geblog het.
Kan nie glo Jennifer Aniston is een van die top searches nie! Liewe hemel... Kan nogal die taskbars en cheat codes glo...

Natuurlik is die hele Technorati tans net Amerikaanse verkiesing. UGH!!

Ek het "antique mommy" gaan soek - sien 'n vorige blog, die een wat gegaan het oor Bloglines, en haar darem opgetel, en sommer haar nuutste post gelees (dis nou 14:57, en ek het vanoggend bloglines gecheck, en toe was daar nog niks nie - so sy sit nie heeldag ledig rond nie!)

Friday, October 24, 2008

LL #13 - Delicious

Ná 6 weke se afwesigheid het ek darem weer tyd om my LL op te vang. Delicious lyk baie oulik, en 'n mens sou bv 'n soortgelyke account kon skep as wat tans op die Bib se links vir elke fakulteit is.
Ipv favourites wat net onder groot foldername is, kan 'n mens dus elke site indekseer (die librarian praat hier). Waar ek dus nou as ek 'n site add op my favourites, die sitenaam so probeer maak dat ek gaan onthou waaroor dit gaan, sou 'n mens dus elke site kon indekseer, en daarvolgens soek.

Ek het my eie account geskep en my "NBstes" favourites ge-export na delicious toe. Baie maklik!
So: eendag as ek tyd het, kan ek al dié wat onder Regte lê (hordes) ordentlik indekseer - en dan moet ek net onthou om delicious te gebruik...

Friday, September 5, 2008

LL #12

Wel, ek kon ten minste hierdie keer maklik inlog op my blog...
Rollyo: ek weet nie - dis vir my half stupiderig. Ek het nou wel een geskep vir Law faculties (http://rollyo.com/search.html?prevsid=455856&q=library&sid=455856), maar die soekfunksionaliteit is nou nie regtig waaraan ek gewoond is nie.
Nee wag: STOP: dit kan Boolse logika! Ek het jaarboek regte or regsgeleerdheid ingesit, en eintlik toe nou goeie resultate gekry:
http://rollyo.com/search.html?prevsid=455856&q=jaarboek+regte+or+regsgeleerdheid&sid=455856 (ek moes so 'n week terug die Regsfakulteite in die land se jaarboeke soek...)
So, dis seker nie te bad nie, maar ja... Dit is vir my nogal 'n schlepp om eers al die adresse te moet SELF opsoek van die sites waarop Rollyo moet soek.

Ek het probeer om 'n search box in die blog in te sit, maar iets gaan bietjie hay wire...

Wednesday, August 27, 2008

LL #11

Nou ja, nadat ek my as af gesukkel het om op my blog in te kom (eers wou dit nie my login en password saam aanvaar nie, totdat ek toe my password reset - na wat dit in elk geval is!), kan ek uiteindelik skryf.
LibaryThing is WOW! Ek het in 'n kwessie van 'n paar minute 17 titels gelaai, en as my kop nie so dof was nie (Wikus het vannag weer "oorgeslaap" in ons bed) sou ek nog baie ander kon oplaai.
Net jammer die meeste se voorblaaie is nie beskikbaar nie.
Die link vir my Library is: http://www.librarything.com/catalog/Hesma

Wednesday, July 2, 2008

LL #9 & 10

Wel, uiteindelik kom ek by LL #9 uit. En dis eintlik 'n frustrasie. Topix het onmiddelik opgetel dat ek van Bloem is, en die nuutste (?) nuus uit Bloem gegee. Ek het belang by die storie oor die 7 mense wat Donderdag (26/6) gearresteer is by die medisyne depot (het voor die een vrou grootgeword) en wou toe die ander berigte daaroor lees. Van die links werk nie eers nie! So, ek is nie baie impress met Topix nie. Te deurmekaar site. Moet ook sê tans is ek nie baie lus om nuus en skindernuus te lees nie.
Syndic8 is vir my maar baie soos Bloglines (waaroor ek mal is!), maar kom toe daar op 'n nice blog af ('n ma wat skryf), en hierdie inskrywing is baie snaaks:

Wil toe subscribe via Bloglines, maar hy kry nie dat dit 'n RSS feed het nie. Sien toe op die blog self daar is 'n "subscribe via Bloglines", maar dit werk ook nie. Dog ek. Refresh Bloglines en voila, daar is dit (met 200 unread's!)
Wil verder op Syndic8 speel, maar die internet is nou HIPER stadig...
Wat my irriteer van al hierdie sites nou, is dat dit net US politiek is (Obama & Obama & Obama). Stel werklik nie daarin belang nie.
Technorati werk lekker in die sin dat hy die blogs (maklik sienbaar) in onderwerpe verdeel. Hoef nie die hele page deur te soek vir dit nie. En daar's hordes oor bv parenting.


#10:
Dis nou lekker speel dié! Die Kersvader een is met FD Toys magazine cover gemaak.



Dummiez Book Cover maker wil nie lekker werk nie - een of ander popup blocker wat ek nie af kry nie. O well. Google maar ander:
Cooltext (http://cooltext.com/) - 'n mens kan 'n logo design met hulle hulp: hiermee ons s'n:

Image Tool (
http://imagetool.programar.net/default.aspx) s'n lyk so (ek sou net graag die "symbol" - in hierdie geval die narprentjie wou kon rondskuif (en nie net 'n links/regsopsie hê nie) Kry via die Google search 'n blog wat ander image generators bespreek! http://www.dailyseoblog.com/2007/10/free-online-image-and-text-generators-for-blogging-purposes/

Nou ja, moet seker regte werk ook doen nou.

Tot nr. 11, baai!

Thursday, May 22, 2008

Library learning #8

OK, Cornelle was reg - dit is amper een van die moeilikstes! Vir my was die moeilikste om te onthou wat is SA se GM-tyd (toe ek registreer!)
Ek het nie 10 feeds opgesit nie, maar darem uiteindelik vir Steve se Spoegblok kon RSS (het al telkemale probeer). Ongelukkig het WeatherSA nie 'n RSS-feed nie. Ek hou nogal daarvan om daagliks daar te gaan kyk.
Ek wou bitter graag 'n screenshot maak vir LL se doeleindes, maar om die dood sien ek nie die "Share" tab nie.
Ek wou al lankal die Constitutional Court se RSS-feed kry, en met 'n groot gesukkel destyds het ek dit gekry dat dit na my email gaan, maar dit gebeur ook net once in a blue moon, en dan kry ek 4 van dieselfde mail!
Toe probeer ek nou via Bloglines dit doen, en volgens hulle het die CC nie 'n RSS nie (al kliek ek op die RSS-feed button!). Verklaar dalk baie...

Wednesday, May 14, 2008

Library Learning #'s 5-7

Wel, na maande se "afwesigheid" probeer ek nou task #5, en die moeilikste was om my yahoo-account te probeer onthou. Het toe maar 'n nuwe een geskep...
Nou vir Flickr. Gaan sommer 'n foto van my wat Refentse geneem het (hy't 'n nuwe selfoon destyds gekry) probeer oplaai: Toe eintlik baie maklik.
Het sommer die UFSLIS group gejoin (goeie Afrikaans, of hoe?), en toe sien ek al die ander foto's wat Cornelle opgelaai het ook.

Nou vir #6:
ek het op MontageR gaan soek vir ufslis, maar niks gekry. Toe maar na 'n liefde van my: mirage (die vliegtuig!), en kry toe 'n hele montage van 'n dolfyn! Darem met een of 2 vliegtuigies by, en allerhande ander "snert" ook. Selfs 'n foto van 'n leeumannetjie...
"Top Gun" gee toe niks van die fliek nie, maar wel van die Top Gun Akademie (waar Amerika se vegvlieëniers opgelei word). Mal oor die fliek, en nie net oor Tom Cruise nie - hy is in hierdie geval 'n bysaak. Die vliegtuie, die vliegtuie...

Ek wou my eie trading card maak, maar die liewe website wil nie laai nie. Het al task #7 gaan lees, en gedoen, en ek wag nog steeds. Gaan dit dus maar los.

Task #7:
Prof Danie Strauss was in hierdie week by my, en wys my toe sommer sy grand selfoon (blueberry - dit weet ek ook darem teen hierdie tyd), hoe hy enige tyd enige plek op Word kan werk, en die goeie kwaliteit foto's. Vertel my toe dat hy Augustus kan opgradeer, en die selfoon wat hy dan kry het selfs 'n GPS in. Maw 'n mens is nie meer afhanklik van jou kar waarin jou GPS in is nie. Jy het dan 'n GPS enige tyd, enige plek. Toe ek vir Jaco vertel, toe rammel hy die Nokia nommer af, maar natuurlik kan ek dit nie onthou nie.
Waar's die selfone wat net kon bel en SMS'e stuur??

En nou is my Library learning vir 'n slag op datum... (danksy LC wat nie wil werk nie en ek dus nie kon indekseer nie!)

Thursday, February 14, 2008

Eerste probeerslag

Hallo almal

Hierdie is my eerste probeerslag om te blog. Kom ons hoop ek gaan nog baie blogs skryf...